Westerse Marxisme

Westerse Marxisme is 'n kontemporêre Marxistiese teorie wat in Wes- en Sentraal-Europa ontstaan het in die nasleep van die Russiese Rewolusie (1917) en die opkoms van Leninisme. Die term dui op 'n losse versameling teoretici wat 'n interpretasie van Marxisme geformuleer het, afsonderlik van dié wat deur die Sowjetunie gekodifiseer is.[1]

Die Westerse Marxiste het meer klem gelê op Marxisme se filosofiese en sosiologiese aspekte, en sy oorsprong in die filosofie van Georg Wilhelm Friedrich Hegel (die rede hoekom dit soms ook Hegeliese Marxisme genoem word) en wat hulle "Jong Marx" noem (d.w.s. die meer humanistiese vroeë werke van Marx). Alhoewel sommige vroeë figure soos György Lukács en Antonio Gramsci prominent in politieke aktiwiteite was, het Westerse Marxisme hoofsaaklik die fokus van die akademie geword, veral na die Tweede Wêreldoorlog. Prominente figure sluit in Walter Benjamin, Theodor Adorno en Max Horkheimer.

Sedert die 1960's het die konsep nou verband gehou met die Nuwe Linkses (New Left) en neo-Marxisme. Terwyl baie van die Westerse Marxiste aanhangers van Marxistiese humanisme was, sluit die term ook hul kritici in, in die vorm van die Strukturele Marxisme van Louis Althusser.

  1. Jacoby, Russell (1991). "Western Marxism". The Dictionary of Marxist Thought (Second). Blackwell Publishers Ltd.. 581. ISBN 0-631-16481-2. 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search